Melk in jou tee
by: Janine
R89.00
| Label: | STORM Rekordz |
| Code: | MUZCD003 |
| Viewed: | 188 times |
| Released: | Sep 3rd 2010, 16:46 |
Janiné Grobbelaar van Centurion se splinternuwe gospel-album, Melk in jou tee, is kraakvars op die rak en haar
inspirerende lirieke, klokhelder stem en moderne musiek gaan beslis by talle gospel-liefhebbers aanklank vind. Dit
is Janiné se debuut-gospel album – sy het reeds ‘n sekulệre album Ek en Jy, uitgereik met ses liedjies uit haar pen.
Sy het nege van die twaalf liedjies op Melk in jou tee op eie houtjie geskryf en twee van die liedjies saam met twee ander
liedjieskrywers naamlik Hermienke de Kock en Eric McCallaghan.
Hierdie opwindende gospel-album met ‘n nuwe klank is op Jan Alleman gerig, meen Janiné.
“Ek skryf oor wat ek voel en ervaar en vertrou dat dit mense sal aanraak, of hulle nou groot of klein is. Die meeste mense
verwag dat ‘n mens perfek moet wees. Maar ons is nie – ek wil eg wees en opreg en daardeur sal mense terug draai na
God.”
Sy het ‘n rukkie gelede besluit om ‘n gospel-album op te neem. “Toe ek baie klein was, het ek al geweet die Here het
my geroep om vir Hom te werk. Maar ek het langs die pad seergekry, was kwaad, hardkoppig en het net gevoel ek is
nie ‘heilig’ genoeg nie. Maar God hou nooit op roep nie en die laaste paar jaar het Hy aan my gewerk en gevorm – en ek
het geweet dis nou die regte tyd.” Haar onmiddellike toekomsplanne is om Melk in jou tee te bemark en om meer in kerke
op te tree.
Janiné vertel dat haar man en haar kinders haar baie ondersteun. “My man, Schalk, doen my klank en help my waar hy
kan en my kinders is my grootste aanhangers. As dit nie vir hulle was nie, het ek seker al lankal tou opgegooi.” Janiné,
wat sangles in Centurion gee, hou van ‘n verskeidenheid van musiek wat alternatief, rock, klassiek, Queen en musiek uit
die jare sewentig insluit. Kunstenaars soos Carmen, Josh Groban, Tree63, en Nianell inspireer haar. Volgens Janiné is
daar beslis meer behoefte aan geestelike musiek. “Mense het ‘n honger en ‘n soektog na iets wat sin maak maar wat
blywend is. Ons het nodig om onsself daagliks te anker, veral in hierdie tye.” Janiné sing van God se liefde, getrouheid
en Sy krag en haar musiekstyl wissel van ligte rock tot strelende ballades.
Sy het uitstekende musikante wat haar ondersteun op hierdie kwaliteit-album. Ettiene Lane het vir die verwerkings saam
met Janiné gesorg. Een ding is vir seker – hierdie is ‘n nuwe, opwindende stem in die gospel-musiekbedryf en hopelik sal
hierdie talentvolle en veelsydige liedjieskrywer-sangers nog diep spore in ons plaaslike bedryf trap.
- Praise
- As die Hemel val
- God is in Control
- Melk in jou tee
- Min Tyd!
- U is daar vir My
- On the Radio
- My Kind
- He Grew the Tree
- 1000 Rose Petals
- U Liefde
- Elke nuwe Reënboog



































