In die Arms van die Nag
by: Bacchus Nel
| Label: | Indie |
| Code: | |
| Viewed: | 176 times |
| Released: | Aug 31st 2010, 08:38 |
Bacchus Nel, die blinde Pretoriase sanger, se debuutalbum In die arms van die nag, verskyn eersdaags op winkelrakke. Hierdie twaalf snit werk is opgeneem en voltooi onder die bekwame leiding van Lanie van der Walt (van Not my dog en Wolmer Records) en bekende blues-rocker Piet Botha.
Volgens Theunis Engelbrecht, bekende musiekjoernalis, is Bacchus Nel een van slegs n paar nuwe name wat vinnig besig is om die grense van Afrikaanse musiek te verskuif soos nog niemand voor hulle dit kon doen nie. Engelbrecht noem Nel ook n sanger wat mense betower en diep ontroer met sy posie en musiek. In sekere kringe word daar ook reeds na hom verwys as die Gert Vlok Nel van die nuwe geslag, aldus Engelbrecht.
Nel se beeldryke skryfstyl asook sy sensitiewe introspeksie maak van hierdie meer as net nog n album vol braaivleismusiek. Die hipnotiese effek van hierdie jong sanger kom duidelik deur en ten spyte van Botha en Van der Walt se invloed druk hy sy stempel stewig af op sy eie werk.
Vriende en kamerade saam met wie hy gereeld optree is Riku Ltti, Albert die Wolfman de Vos en die digter Kabous Verwoerd.
1. In Die Arms Van Die Nag
2. Raam Dit Met Die Son
3. Oppieplaas
4. Fantasee
5. Treine
6. Rooiwyn Winter
7. Depot Provera
8. Herfsman
9. Tel Jou Kleingeld, Tel Jou Cigarettes En Tel Jou Luck
10. Trek Oop Jou Gordyne
11. Sunnyside
12. Corner Kafee




































