Geseende Van God
by: Wian Vos
| Label: | Next Music |
| Code: | LBMD039 |
| Viewed: | 131 times |
| Released: | Aug 19th 2010, 10:16 |
Na 'n lang stilte is Wian Vos weer terug met 'n nuwe lof en aanbidding CD, Geseënde van God. Dit is lewendig opgeneem by laasjaar se Turn to God fees in die Staatsteater, Pretoria en is ook as DVD beskikbaar. Louis Brittz was die regisseur van die projek en het saam met Wian die verwerkings gedoen. Ander nuwe Merchant kunstenaars wat saamwerk op die projek is Kriss Tel en Jean Marais.
Die vorige keer wat ek vir Wian Vos gesien optree het was 'n paar jaar terug by Godly Revolution met 'n klomp dansers en rock en pop songs wat gemik was op jeugbediening. Maar met Geseënde van God slaan Wian 'n nuwe rigting in.
Daar is baie diepte in Wian se lirieke (hy het al die songs self geskryf) met baie verwysings na skrifgedeeltes. Die CD se begin is treffend met die song "Hier is ek", 'n song van oorgawe wat sê: "Hier is ek... om my alles op die altaar te plaas". Die song "Ek wil gehoorsaam wees" sal goed werk vir gemeentesang en word treffend deur Kriss Tel en Wian saam gelei. "Net by U" en "U is heilig" is my ander keuses vir gemeentesang.
Dis moeilik om die musiekstyl in 'n boksie te sit, maar daar is 'n duidelike country invloed op baie van die songs. Daar is ook groot lofprysings-"anthems" in 'n rock styl. Nou en dan ook 'n jazz-gevoel op van die ballades met saksofoon en klavier tussenspel om die klank af te rond. Op "Gebed vir Suid-Afrika" is daar ook 'n tipiese Afrika kwaito klank.
1. Hier Is Ek
2. Here God, Abba Vader
3. Manne Van Die Woord
4. Skepper God
5. Net By U
6. U Is Helig
7. Nuwe Krag Medley
8. God Alleen
9. Geseende Van God
10. Weet Jy
11. Ek Wil Gehoorsaam Wees
12. My Verlosser Leef
13. Gebed Vir Suid-Afrika



































