Is Jy Oukei?
by: Mari Lotz
R89.00
| Label: | Next Music |
| Code: | LFMCD 003 |
| Viewed: | 211 times |
| Released: | Aug 19th 2010, 09:42 |
Nuwe Afrikaanse sangeres/liedjieskrywer, Marí Lotz, het grootgeword in George en begin skryf op ‘n baie vroeë ouderdom. Na universiteit spandeer sy 3 jaar in Taiwan, waar sy en haar “band” (Jordan Ford) deur die land toer en optree. Hulle eindig ook onder die top 8 in ‘n landswye “Battle of the bands”-kompetisie. Terug in Suid-Afrika begin sy opnuut weer in Afrikaans skryf en tree ook op by korporatiewe funksies, koffiewinkels, feeste en onafhanklike vertonings.
Sy voltooi haar debuutalbum, “Is jy oukei?". Dit is ‘n Afrikaanse akoestiese pop album met ‘n tikkie country hier en daar. Die liedjies is positief en vrolik en beslis iets vars in die mark. Treffers sluit in “2-minute noodles”, “is jy oukei?” en “genoeg”.
- Sonder Jou
- 2-minute noodles
- Ek Wonder
- Malverlief
- Sarie
- Is Jy Oukei?
- Dis al
- Genoeg
- Dis Lekker Hier
- Tot by jou
- Baklei
- Ek wil jou onthou
- Sandkastele
- Alien
- Niks



































