Adam - Adam

Adam

by: Adam

R99.00
Label:STORM Rekordz
Code:STORMCD019
Viewed:1617 times
Released:Mar 31st 2011, 18:53
Add to cart
Add to wishlist

BOYS WILL ALWAYS BE BOYS”…….or will they ?
Nee, hulle word groot, raak wêreldwys en begin te besef waaroor die lewe gaan. Wat kry jy as jy `n boy-band met die volgende komponente kombineer;- pop en rock, moderne country invloede, 3 stemme, 3 instrumente, 3 MANLIKE mans en selfgeskrewe liedjies. `n Boy-band met `n verskil ? 
Nee, eerder `n MANSGROEP met woema en dinamika. ADAM is `n groep waar manlikheid botoon voer. Die drie lede is almal kunstenaars in eie reg. Hugo Ludik wat geen bekendstelling nodig het nie, Reynardt Hugo wat ook beter bekend is as dr. Tertius Jonker van Binnelanders faam en Joe Foster 'n gevestigde musiekant,liedjieskrywer en vervaardiger. ADAM beloof om Suid- Afrika iets te gee wat hulle nog nie voorheen gesien of gehoor het nie.
Die titelsnit KLEURVOL is geskryf deur Hugo, Willie van der Merwe (wat saam met hom Papsopwinterwaternat geskryf het) en Johan Strydom. Dit is op almal van toepassing en gaan oor daardie spesiale persoon in jou lewe. Dinge kan hoe sleg wees en die probleme hoe groot, maar as jy daardie regte persoon in jou lewe het, is alles moontlik. “JY IS DIE KLEUR IN MY BLOU MAANDAG” som dit perfek op.
Die musiekvideo word geskiet deur Pierre Smith wat verantwoordelik was vir videos van onder andere Kurt Darren, Nicholas Louw en Heinz Winckler. Dit handel oor die uitdagings van jong liefde en beloof om aanklank te vind by oud en jonk.

KLEURVOL, - die titelsnit is nie net vol kleur nie, maar vol van die bestanddele vir `n weghol sukses. By die 1 ste aanhoor daarvan kan jy dink dat dit gaan oor die 3 bekende manne se voorkoms. Begin jy egter te luister, besef jy dat die groep geseënd is met uitsonderlike stemme en ongeëwenaarde verhoogpersoonlikheid.

ADAM het dadelik `n platekontrak losgeslaan by STORM Rekordz en saam gaan ADAM en STORM mense laat wonder hoekom die groep nie lankal gestig is nie. 

Reynardt Hugo:
Reynardt het in 2005, as 18 jarige, sy studies in B.A. Drama by die Universiteit van Pretoria begin. Dit is hier waar hy die fynere kuns van teater en musiekteater begin leer het, asook n passie ontwikkel het vir die uitvoerdende kunste. Onderleiding van die bekende Maurie Mostert, het Reynardt se talent as sanger sterk na vore gekom, en hy het onder andere die hoofrol losgeslaan in die bekekende musiekblyspel, Smokey Joe’s Café. Tydens sy studies het Reynardt ook rolle losgeslaan in bekende teater stukke insluitend: Anna Frank, Pantagleize, Boesman My Seun, en ook Alice In Wonderland. Met ontvangs van sy graad, einde 2007, het Reynardt bewys hy het aspekte van teater soos regie, tegnies, sang, stemwerk, radiowerk en beweging, om maar net n paar te noem, baasgeraak. Einde 2007 het Reynardt sy eerste televisie rol losgeslaan in die Amerikaanse reeks, Life is Wild. Die gevolg hiervan was dat hy rolle in twee internasionale televisie adverstensies gekry het. In 2008 was Reynardt op eie bodem te sien in die musiekblyspel, Houtkruis. Kort hierna het sy grootste deurbraak tot dusver gekom toe hy die rol loslaan van Dr. Tertius Jonker in die immergewilde Afrikaanse sepie, Binnelanders. Reynardt vertolk deesdae steeds die rol, en sy karakter is meer gewild as ooit. Gevolglik is sy kalender vol met besprekings vir werk as seremonie meester en publieke verskynings by verskeie glansgeleenthede.

Hugo Ludik:
Hugo, 27, se musiekloopbaan het begin terwyl hy besig was om te studeer as regsstudent aan die Universiteit van Stellenbosch. Teen die tyd het Hugo al vir meer as 8 jaar kitaar gespeel, maar nog nooit in die publiek sy sangtalent gewys nie. In 2003 neem Hugo die eerste keer deel aan die Universiteit se inter-koshuis serenade kompetisie, waar hy optree saam met 15 ander mans in n a cappella groep. Die groep vorder toe ook deur na die finale rondte. In hierdie tyd begin Hugo ook sy merk maak op die Afrikaanse musiekfront deur saam met sy broer, sanger en akteur, Stefan Ludik, regoor die land te toer en op te tree met die Egoli roadshows. Hugo en Stefan tree dan vir die volgende 5 jaar saam op en doen optredes by meeste feeste en ‘venues’ regoor die land. In 2008 besluit Hugo om sy horisonne te verbreed en begin saam met verskeie ander kunstenaars optree. Met die interaksie met ander kunstenaars besef Hugo daar’s n te kort aan oorspronklike liedjies in die land, en gevolglik begin hy om self liedjies te skryf. In Oktober 2008 wen Hugo Huisgenoot Tempo se eerste liedjieskrywerskompetisie met die liedjie, Papsopwinterwaternat, wat geskryf is deur Hugo en sy vriend Willie van der Merwe, en wat toe later deur Kurt Darren opgeneem is. In 2009 slaan Hugo n rol los in die Performer Teater se produksie, Dance Some More, wat 6 maande hardloop en wat gevolglik as die teater se suksesvolste produksie nog beskou word. Dit is ook hier waar hy sy mede Adam-maat, Marno, ontmoet het. Hugo het al opgetree saam met verskeie kunstenaars soos Willem Botha, Kurt Darren, Jaco Labuschagne, Matt Stern Christiaan Kritzinger, Stefan Ludik en Ghapi. En liedjies uit sy pen kan gevind word op verskeie kunstenaars se albums soos, Kurt Darren, Willem Botha en Pieter Naude.

Joe Foster:
JOE 28, is gebore om musiek te maak, te skryf en te vervaardig. Voordat hy die ouderdom van 10 jaar bereik, begin hy al om die klavier te bemeester. Op 15 begin JOE om liedjies te skryf en op te optree. Hy het ook soos baie kunstenaars begin en sy ondervinding opgedoen as ‘n kerkmusikant, sangleier en verwerker en het in sy eie gemeente sy passie vir “Gospel” musiek ontdek en uitgeoefen. Op 18 het JOE sy eerste onafhanklike album vrygestel, “INVISIBLE DESTINY”, wat ‘n seleksie was van Engelse ballades wat hy geskryf het deur sy Hoërskool loobaan by HOERSKOOL FLORIDA in Roodepoort, JOHANNESBURG. Na skool, 19, vertrek JOE na AMSTERDAM in HOLLAND om sy kwalifikasie te verwerf in Musiek Produksie, Verwerking en Klank Engineurswese by die bekende SAE TECHNOLOGY COLLEGE IN AMSTERDAM. Hy het daar ook kwaliteit ondervinding opgedoen in kommersiële opnames in ateljees in HOLLAND en DUITSLAND. Op 22, weer terug in SUID-AFRIKA, het Joe sy loopbaan afgeskop as ‘n Vervaardiger en Musiek Verwerker met die opening van sy Recording Studio en Produksie Maatskappy “JOE FOSTER PRODUCTIONS”. JOE FOSTER is die vervaardiger van klomp Suid Afrikaanse produksies, onder andere: KAREN WESSELS se “Hoe Durf Jy” album en NX se “Brieweboks” Album. Joe het ook klaviersessie werk gedoen op baie Suid-Afrikaanse produksies en projekte. Die bekenste van die is KAREN WESSELS se “Hoe Durf Jy” album, NX se “Brieweboks” album, en “JAN HOOGENDYK (ELVIS BLUE)” se Diep Riviere Album, wat deur JAKE ODENDAAL vervaardig was. JOE is ook die skrywer van treffers soos: “Sing My Aan Die Slaap”, wat hy saam met CARLE VAN DEVENTER geskryf het, en wat op die top 10 was van ATKV se Liedjieskryf Kompetisie 2008, “Miskien” van Karen Wessels (Gallo Records), “Nog ‘n Kans” van sy eie pop vrystelling, en ook Gospel liedjies soos, “I Come To You” en “Try Again” van sy eie “Enkel” vrystellings. JOE raak van 2004 af een van die item-sangers en klavier spelers by Mosaiek Kerk onder die mentorskap en vriendskap van Johan Heystek, ‘n respekvolle Suid-Afrikaanse musiekant, vervaardiger en verwerker. ‘n Groot deel van JOE se musiekpassie sal altyd Gospel musiek bly. In 2009 bring Joe ‘n Gospel enkelsnit uit, “Try Again”, vir die International Willow Creek Leadership Summit en het ook saam met die span getoer na baie van die 'venues' oor Suid Afrika. In 2010 begin JOE werk aan sy lang verwagte solo Afrikaanse pop-album, terwyl hy besig is met produksies in sy ateljee, en om sy onafhanklike platemaatskappy te bedryf. In 2010 het JOE ook ‘n pop enkelsnit, “Nog ‘n Kans”, vrygestel deur sy maatskappy, “Recycle Records”, om sy kommersiële solo pop album te adverteer. Kort daarna egter ontmoet JOE vir Hugo en Reynardt. Na vele gesprekke en saamdroom het JOE besluit om sy solo-loopbaan eers op sy te sit en eerder deel te vorm van ADAM en saam met Hugo en Reynardt die pad te stap! 

Joe het ook sopas sy Recording Studio, “BigCity Studios”, na Eagle Canyon Golf Estate geskuif; ‘n meer gemaklike en huislike plek, en word ook dan van 2011 af ‘n vryskut Musiek Vervaardiger, Liedjieskrywer en Verwerker, terwyl hy hard besig is saam met Hugo en Reynardt om te werk aan die sukses van ADAM!

  1. Liefde Soldaat
  2. Somerlag (Die Coca Cola Song)
  3. Sonder
  4. Duisend Kerse
  5. Kleurvol
  6. Hey Jy
  7. V.I.P
  8. Voel Jy My
  9. Vir ewig, Vir Altyd
  10. Die Antwoord
  11. Ander Kant die Maan
  12. 10 Sekondes
  13. Kom Huistoe
  14. Jy's n Held
  15. Papsopwinterwaternat (Akoesties)

Whats Popular

Mel Botes - Nice to meet youIsSpecial
R89.99
R79.99
Add to cart
Add to wishlist
Emmanuel Castis - South of Nowhere
Emmanuel Castis
South of Nowhere
R89.99
Add to cart
Add to wishlist
Adam - Adam
Adam
Adam
R99.00
Add to cart
Add to wishlist
Afri Frans - Maud Myra
Afri Frans
Maud Myra
R99.99
Add to cart
Add to wishlist
Steve Booysen - My Musical BoardroomIsSpecial
Steve Booysen
My Musical Boardroom
R89.99
R79.99
Add to cart
Add to wishlist
Mel Botes - A Pink Floyd Tribute
R119.00
Add to cart
Add to wishlist
Clint & Co - Midnight Hour (Live)
R99.00
Add to cart
Add to wishlist
MK Hoordosis - Volume 4
MK Hoordosis
Volume 4
R99.99
Add to cart
Add to wishlist
Ses Snare - Live@ the Performer (CD)IsSpecial
R99.99
R89.99
Add to cart
Add to wishlist
Babette - X meisie
Babette
X meisie
R89.99
Add to cart
Add to wishlist
(See all)

Whats new

Rocco De Villiers - Beautiful,Beautiful Piano
Rocco De Villiers
Beautiful,Beautiful Piano
R119.00
Add to cart
Add to wishlist
Watershed - A Million Faces: 20 Hits-10 Years
R149.00
Add to cart
Add to wishlist
Prime Circle - Jekyll & Hyde
Prime Circle
Jekyll & Hyde
R149.00
Add to cart
Add to wishlist
Lady Antebellum - Need you Now
Lady Antebellum
Need you Now
R130.00
Add to cart
Add to wishlist
Various Artists - Afrikaanse Treffers Vol.3
R119.00
Add to cart
Add to wishlist
Nadine - Eindeloos
Nadine
Eindeloos
R99.00
Add to cart
Add to wishlist
Billy Ray Cyrus - I'm American
Billy Ray Cyrus
I'm American
R149.00
Add to cart
Add to wishlist
(See all)

On Special

(See all)

In the spotlight

Aking - The Red Blooded YearsIsFeatured
R135.00
Add to cart
Add to wishlist
NRG - NRGIsFeatured
NRG
NRG
R110.00
Add to cart
Add to wishlist
Romanz - Treffers Live (DVD)IsFeatured
R149.00
Add to cart
Add to wishlist
Kurt Darren - Oos Wes Tuis BesIsFeatured
Kurt Darren
Oos Wes Tuis Bes
R110.00
Add to cart
Add to wishlist
Elvis Blue - Elvis BlueIsFeatured
Elvis Blue
Elvis Blue
R120.00
Add to cart
Add to wishlist
(See all)

Whats New

Rocco De Villiers - Beautiful,Beautiful Piano
Rocco De Villiers
Beautiful,Beauti...
R119.00
 
Watershed - A Million Faces: 20 Hits-10 Years
Watershed
A Million Faces:...
R149.00
 
Coldplay - Viva la Vida or Death and All His
Coldplay
Viva la Vida or ...
R79.00
 
Prime Circle - Jekyll & Hyde
Prime Circle
Jekyll & Hyde
R149.00
 
Lady Antebellum - Need you Now
Lady Antebellum
Need you Now
R130.00
 
Various Artists - Afrikaanse Treffers Vol.3
Various Artists
Afrikaanse Treff...
R119.00
 
Nadine - Eindeloos
Nadine
Eindeloos
R99.00
 
Nedine Blom - My Inspirasie (Vir my Vriendin)
Nedine Blom
My Inspirasie (V...
R109.00
 
Sorina - Ek Watch Jou (Plus Bonus DVD)
Sorina
Ek Watch Jou (Pl...
R119.00
 
Billy Ray Cyrus - I'm American
Billy Ray Cyrus
I'm American
R149.00